Dis hier! Africa Agri Tech 2023

d5c79bbd-5341-0e7b-78bc-a3f85a7d109e_copy.jpg

Die Africa Agri Tech Konferensie en Ekspo het ten doel om die landbou-, wetenskap-, en tegnologiegemeenskappe in Suidelike Afrika oor drie dae by een geleentheid bymekaar te bring. Wêreldtendense en die vooruitgang in landbouwetenskap, -tegnologie en -innovering word bespreek en tentoongestel. Die geleentheid bestaan uit 'n konferensie, uitstallings, 'n innoveringsuitdaging, voorleggings oor waagkapitaal, 'n buitelandse handelsaal, en die SA Landbou-heldesaal. Met AFGRI as hoofborg, en verskeie ander borge en mediavennote, beloof díe jaar se AAT-geleentheid om die hoogtepunt op die landboukalender te wees.

Hoogtepunte op die konferensieprogram

Die driedaagse Africa Agri Tech 2023-konferensieprogram gee 'n voorsmakie van wat voorlê, met 'n propvol sprekerslys oor die drie temabelaaide dae.

Kliek Hier Vir Meer Inligting