facebooktwitterlinkedinyoutube

Gróót saamtrek van Land Cruisers gehou

Gróót saamtrek van Land Cruisers gehou

Wat is die meeste Land Cruisers wat jy nóg op een plek gesien het? Of in een konvooi? Hoe klink 491 Land Cruisers wat op dieselfde dag op dieselfde plek byeen is? En 413 Land Cruisers wat saam in ’n bewegende konvooi ry oor ’n afstand van 20 km?

Dié Afrika-rekord is verlede jaar op die jaarlikse Hankook Land Cruiser-fees opgestel en dit is nou weer sulke tyd. Die byeenkoms word van 6 tot 8 September by die Sondela Natuurreservaat en Spa buite Bela-Bela in Limpopo gehou. Dit is vanjaar die sewende jaar dat dié geleentheid plaasvind en telkens is die vorige jaar se rekord verbeter.

Vanjaar is die doelwit dan ook om verlede jaar se rekord te verbeter. Die konvooi oor 20 km sal weer ’n veldroete by Sondela wees, met ’n paar lekker uitdagings langs die pad.

Die byeenkoms word deur Trio Events gereël en die rekordpoging word deur die SA Book of Records, wat deur die Radical Group bestuur word, geverifieer.

Eienaars en liefhebbers van Land Cruisers kan regmaak vir ’n hele naweek se gesellige saamkuier.

Lees Meer

Subscribe to the aBrHotwire Newsletter Today

Automotive Export Manual 2019